DPS Pleegsorg > nuus  > DPS GESINSKAMP 2019 “SAAM GROEI ONS BETER”

DPS GESINSKAMP 2019 “SAAM GROEI ONS BETER”

DPS GESINSKAMP 21 TOT 24 MAART 2019

Die eerste maand van 2019 is verby en dit raak nou weer tyd vir ons jaarlikse gesinskamp, met die tema “Saam groei ons beter”.
Hierdie jaar benader ons die kamp bietjie anders en vandaar die langer kamp.
Gedurende die volgende 2 weke gaan julle ‘n epos ontvang met ‘n vraelys wat jul as ouers, individueel, aanlyn moet voltooi. Die vraelyste gaan verwerk word en sal die verslae by die kamp uitgedeel en bespreek word. Wees verseker, daar is geen verkeerde antwoorde! Die maatskaplike werker sal die kinders help om hul vraelyste aanlyn te voltooi.
Tydens hierdie kamp gaan die besprekings interaktief wees maar sal daar ook meer as genoeg geleentheid wees om rustig te verkeer en die natuur en stilte te waardeer.
Ons versoek dat jul op Donderdag 21 Maart 2019 nie later nie as 12h00 arriveer te Venterskroon kampterrein.
Die koördinate: GPS: S26º 88.4039′ E27º 26.7873′
Ons gaan gebruik maak van studente om ons te help met die toesig van die kinders asook die aanbied van die aktiwiteite.
Ek vertrou om almal daar te sien!
Die program asook lys van benodighede wat ingepak moet word volg binnekort.
Vir enige navrae, kontak my gerus!
Groetnis
Suzanne
suzanne@rata.org.za

Al gewonder of jy dalk te streng of te kwaai is; te veel toegee; dalk minder emosioneel moet wees…?

Kom ontdek jou unieke ouerskapsgawes….
Ja, jy IS die BESTE persoon vir hierdie werk, en het REEDS besondere gawes –
HERONTDEK dit net weer

• Leer meer oor jou drie-dimensionele ouerskapstyl – nl: versorging, dissipline en mentorskap
• Ontdek jou sterkpunte, stresfaktore, ouerskapoorlewingswenke, kommunikasievoorkeure en hoe jy as ouer kan groei
• Volg jou unieke stappe na meer vervullende ouerskap

MY WAAAAAT??

• Jou VERSORGiNGSPROFIEL gee ‘n aanduiding hoe jy die daaglikse emosionele en fisiese behoeftes van jou kind hanteer
• Jou DISSIPLINE PROFIEL hou verband met hoe jy reels, rotine en wangedrag hanteer. Hier sal dit duidelik word hoe ferm jy is / of nie…
• Jou MENTORSKAP verwys na wat jy as die sleutelelemente in goeie ouerskap ag. (Die nalatenskap wat jy los)

En boonop alles: kom leer hoe die kinders in jou huis op hul unieke wyse kan gedy en groei, en almal deel vorm van God se legkaart …

Voltooi die vorm hieronder om julle huis se plek te bespreek

  • NaamVan 

Andries Pretorius
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.