DPS Pleegsorg > nuus  > Huisouers opleiding 2018

Huisouers opleiding 2018

Saterdag 13 Oktober was ons laaste opleidingsgeleentheid vir 2018 met die tema “Tegnologie: Hulpmiddel of kopseer”. Baie dankie aan ons sprekers. Ds Quinten Schimper wat gepraat het oor digitale verslawing en A/O Boshoff van die GKS (Gauteng Privinsie – Serial electronic crimes investigation Unit) wat kom praat het oor pornografie, sexting en gevare van sosiale media. Dankie aan elke huisouer asook kind wat die opleiding bygewoon het. Ons het die jaar op ñ hoogtepunt afgesluit deur die opleiding te kombineer met ñ lekker kuier. Dankie ook aan Belinda Schimper vir die heerlike cupcakes en dat jy die jongelinge besig gehou het. Dankie vir ñ ieder en n elk wat die dag moontlik gemaak het. Sterkte vir ons drie matrikulante ons hou duim vas dat die eksamen goed sal afloop.

 

Team
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.