DPS Pleegsorg > nuus  > Ons sê dankie

Ons sê dankie

Ons sê dankie Ons poog om binne ons huise vir die kinders ‘n tuiste te skep waar hul veilig en gelukkig kan wees. Ongelukkig woon ons nie in ‘n perfekte wêreld, en alhoewel ons voorstanders is dat ons kinders kontak met hul familie behou is dit egter nie altyd moontlik. Soms omrede die ouers se omstandighede dit net nie toelaat of dat die kinders bloot nog net nie emosioneel gereed is om hul ouers te vertrou. Wat ook al die rede, kinders bly soms in gedurende die Kerstyd.

Ons pleegouers poog om dit gedurende die feestyd vir die kinders so aangenaam as moontlik te maak deur spesiale aktiwiteite met hul te onderneem. Gedurende Desember 2018 is daar ‘n beroep gedoen via sosiale media aan ‘n behoefte aan kunsbenodighede om ons kinders wat nie die geleentheid het om huis toe te gaan, konstruktief besig te hou.

Graag wil ons u bedank vir die skenking wat u gemaak het. U ruim hartigheid het ons grootste drome oortref. Wees verseker dat ons kinders etlike genotvolle kreatiewe ure gaan spandeer.

Suzanne van Deventer
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.