Ontmoet ons pleegouers (Deel 2)

Bennie en Maritzia Vorster van Krugersdorp DPS Huis

Verlede maand het julle die Jooste-egpaar beter leer ken en die maand is dit ons Krugersdorp huis se ouers wat aan die beurt kom.  Hierdie egpaar is nog “jonk” in die sisteem maar meer ywerige en entoesiaste ouers gaan jy sukkel om te kry.  Die laaste twee jaar wat hul in ons diens is het ons hulle sien groei en ontwikkel tot die puik ouers wat ons vandag ken.  Geen taak is vir hul te groot en geen “battle” te moeilik as dit by die beste belang van hul ses seuns kom nie.

Tydens ʼn informele gesprek op hul lekker sonnige stoepie en die honde kinders by ons voete het ons hulle bietjie beter leer ken en plaas ek graag hul antwoorde op ons vrae.

Ontmoet ons pleegouers (Deel 2)

Bennie en Maritzia Vorster van Krugersdorp DPS Huis

Verlede maand het julle die Jooste-egpaar beter leer ken en die maand is dit ons Krugersdorp huis se ouers wat aan die beurt kom.  Hierdie egpaar is nog “jonk” in die sisteem maar meer ywerige en entoesiaste ouers gaan jy sukkel om te kry.  Die laaste twee jaar wat hul in ons diens is het ons hulle sien groei en ontwikkel tot die puik ouers wat ons vandag ken.  Geen taak is vir hul te groot en geen “battle” te moeilik as dit by die beste belang van hul ses seuns kom nie.

Tydens ʼn informele gesprek op hul lekker sonnige stoepie en die honde kinders by ons voete het ons hulle bietjie beter leer ken en plaas ek graag hul antwoorde op ons vrae.

Hoeveel kinders het julle tans in julle sorg?  Ses

Vertel vir ons bietjie meer oor julleself:

Ons het beide in Randfontein groot geword.  Ons ouers het nie baie geld verdien nie maar ons was altyd versorg en het nooit ʼn tekort gehaat aan iets nie, veral nie liefde nie. Ons beide het groot respek vir ons ouers en albei se vaders het vir baie jare op die myn gewerk en is nou al ʼn paar jaar terug oorlede.  Ons het ʼn groot trots vir ons moeders omdat hulle albei deur die dood van hul eggenote nog steeds hulle kinders ondersteun en bystaan waar hulle kan.  Ons is ʼn hegte groot familie.  Omrede my Ma ook ‘n pleegouer was het ons altyd baie kinders in die huis gehad en was dit “awesome”. Later was dit susters en broers kinders en nou is dit ook al pleegkinders se kinders wat kom kuier.

Ons was albei in dieselfde Hoërskool en dis ook waar ons ontmoet het.  Ons verhouding het eers begin na Bennie begin werk het en my suster wou uitneem vir ʼn melkskommel.  Gelukkig vir my was sy reeds getroud en  so het my hoërskool “crush” my toe kom uitvra en is ons nou al amper 21 jaar gelukkig getroud.  Ons het baie lank probeer om kinders van ons eie te hê maar na baie toetse en behandelings het ons besluit om dit in God se hande te los. Min het ons geweet wat wag op ons…

Hoe lank werk jy/julle al nou by die DPS huis?  Hoeveel kinders het julle al gedurende die tyd versorg?

Ons werk nou al ʼn jaar en tien maande vir die DPS sisteem. Ek weet ons is nog bloed-jonk in hierdie ding maar ons geniet elke oomblik hiervan. Hierdie 6 seuns is ons wêreld. God het vir ons die beste kinders onder die son gegee. Dit voel of alles net in plek geval het en dit voel of  hulle ons eie is. Ek kan nie my lewe sien sonder hulle nie. Ek kan nie eers my lewe onthou voor hulle in my hart in gestap het nie.

Wat staan vir jou uit in die tyd wat jy al by die DPS pleegsorg sisteem betrokke is?

Wat my hart diep aan raak in die DPS sisteem is al die ondersteuning wat ons ontvang van almal wat betrokke is by die huise en ook by die kerk.  Veral die maatskaplike werkers, Suzanne en ook Otto julle is “amazing”Maak nie saak hoe laat of waarmee nie hulle is altyd gereed om te help, by te staan en te ondersteun van die grootste probleem tot beddens rond ry en hulle weet ook net wanneer ons ʼn drukkie nodig het.  Hulle sal vir altyd ʼn plekkie in my hart hê.

Hoekom het jy/julle besluit om pleegouers te word en hoe het dit julle lewe verander?

Die hoof rede is omdat ons nie ons eie kinders het nie en ons lewe bietjie leeg was.  Die eintlike rede is omdat ʼn persoon waarvoor ons die wêreld se respek het, my gewese baas, ons in die regte rigting gewys het en sal ons hom altyd dankbaar wees omdat dit ons lewe heeltemal verander het.  Ons kan nie ons lewe sien sonder ons kinders nie.  Die geluk wat hierdie kinders ons bring is onbeskryflik.  Die laggies wat uit die badkamer kom maak jou hart vol elke aand.  Die drukkies en “love you mom” is genoeg om jou uit enige donker dieptes uit te ruk en te laat besef dis net wat ek nou nodig gehad het.  Die gelukkigheid wat uit hulle straal maak jou voel dat alles die moeite werd is en dat jy berge vir hulle sal skuif.

Is daar enige staaltjie wat jou vir altyd sal bybly (oulike gesegde, kind wat ʼn impak op jou lewe gemaak het, gebeurtenis)

Daar is soveel staaltjies en klein dingetjies.  Te veel om oor te skryf maar die een ding wat vir my baie beteken het, is die eerste keer toe een van die seuns uit die bloute my kom vas druk het in die kombuis en vir my gesê het “Dankie vir alles wat ma vir ons doen en ek is lief vir ma”.

Het julle nog enige kontak met kinders wat reeds die sisteem verlaat het?

Die ses seuns wat in ons sorg geplaas is is steeds by ons.  Ons beplan egter om kontak te hou met die seuns soos hul die huis verlaat.

As julle vir die publiek iets kan sê oor wat julle werk behels, wat sal julle sê?

Hierdie is nie vir ons ʼn werk nie, dit is ons passie.  Hoe kan ʼn mens dit werk noem om lief te wees vir ʼn kind? Hierdie kinders vra regtig nie baie nie.  Al wat hulle vra is iemand wat vir hulle liefde en tyd kan gee, iemand om hulle te laat voel hulle is belangrik, iemand wat hulle laat voel hulle kan enige iets in die lewe reg kry.

Wat is jou/julle lewens leuse?  Wat wil julle graag vir die kinders in julle sorg leer (amper soos ʼn legacy)?

Wees altyd oop, eerlik en opreg maak nie saak wat nie.  Ons wil hulle leer om selfstandig te wees en altyd die regte besluite te neem en God eerste in hulle lewens te stel.  Ja mens maak foute maar leer uit jou foute uit.

 

Suzanne van Deventer

Programbestuurder:  DPS Huise

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *