DPS Pleegsorg > nuus  > OUERS SOOS SYKOUSE: NOOIT TE OUD OM TE LEER NIE!

OUERS SOOS SYKOUSE: NOOIT TE OUD OM TE LEER NIE!

Gedurende grendeltyd is besluit dat ons DPS werkers en -ouers gerus die tyd kan gebruik om ons kennis en vaardighede aan te vul.  Ek moet sê, die meeste van ons was nie te opgewonde oor die vooruitsig nie!  Asof die nuwe rol van tuis-onderwyser, huishulp, kok, vermaaklikheid bestuurder EN  steeds volwaardige personeellid van die DPS nie genoeg van ‘n uitdaging is nie…om nie eens te praat van ‘n AANLYN konferensie en kursus wat ons ( tegnologies agtergeblewenes) ook moes aanpak nie?!

Maar wat ‘n  aangename en leersame verrassing het op ons gewag!  Skielik besef ons almal dat ons toe NIE alles weet en verstaan van die versorging van kinders in die sisteem nie – jare se ondervinding en vele ure van opleiding ten spyt! Ons moes skielik ‘n paar van ons gevestigde strategieë “unlearn” en onsself oopmaak vir ʼn nuwe manier van doen en dien.

Die “Trust Based Relational Intervention” (TBRI) -kursus maak  ons net weer bewus van ‘n baie ou beginsel in hulpverlening:  YOU CANNOT INFLUENCE A RELATIONSHIP IF YOU ARE NOT PART OF IT!!

Die primêre doel  van die kursus is toe nie om van ons  die perfekte ouer en versorger te maak nie. Slegs om steeds ONVOORWAARDELIKE LIEFDE vir ‘n kind (wat ons almal motiveer vir hierdie werk)  te bied,  ongeag hoe uitdagend sy gedrag is, en dit deur 3 beginsels toe te pas:

CONNECTING  (Bou van ‘n verhouding)

CORRECTING (Om gedrag aan te spreek en te korrigeer (re-doing) – nie noodwendig die kind te straf  daarvoor nie)

EMPOWERING (Om ‘n lewensvaardigheid soos selfregulerende gedrag  aan te leer om in toekoms te gebruik)

‘n Groot waarheid wat my veral tref, is om die behoefte agter die kind se  (wan)gedrag raak  te sien, en aan te spreek, eerder as die gedrag self. ‘n Kind wat aggressief optree, skree en rebelleer, is nie noodwendig ‘n kind wat manipuleer of aandag soek nie:  waarskynlik lê daar onopgeloste behoeftes soos konneksie, aanvaarding, sekuriteit en voorspelbaarheid daaragter.

Ons leer ook om meer pro-aktief op te tree deur vaardighede aan kinders oor te dra waarin hulle hul gevoelens kan identifiseer, planne kan maak om dit te hanteer voordat die gedrag volg wat gewoonlik tot groot moles lei! ‘n Vaardigheid wat meeste van ons volwassenes nog sukkel om te bemeester.

Ons is meestal so gevestig in ons (oneffektiewe) patrone wanneer dit by gedrag moeilike situasie kom, dat dit vir ons nogal moeilik is om die nuut-aangeleerde kennis met grasie toe te pas.  Maar helaas:  dis nooit te laat om rigting te verander en situasies in die toekoms anders aan te pak nie….

soos SYKOUSE: NOOIT TE OUD OM TE LEER NIE!!

Baie geluk aan elke ouer en maatskaplike werker wat die TBRI kursus met lof geslaag het!

 

Etlike aanmerkings van ouers en werkers wat die kursus bygewoon het:

“Ek het begin bril dra toe ek in Standerd 6 was (1987).  Ek onthou ek het elke minuut daarvan gehaat.  In die oggende was alles wasig en dof tot ek my bril opgesit het, dan het alles duidelik geword.  My bril “journey” het aangehou tot ek 30 jaar oud was en kon gaan om my oë te laser.  Dit was die vreemdste ervaring om daar te lê, met oop oë en die laser nader te sien kom.  Ek het begin wonder of hierdie werklik so ʼn goeie idee was en of die bril nie maar die beste opsie was, maar deurdruk moes ek.  Jy sien ek was gewoond aan my bril (na ongeveer 16 jaar) en verandering vir my is nooit lekker of maklik nie.  Die dag na die operasie het my ma my terug gevat spesialis toe vir die “after care” ondersoek.  Dit was Oktober, ek sal dit nooit vergeet nie.  Die Jakarandas was vol in blom getooi in die mooiste pers glorie.  Ek was soos ʼn kind wat die eerste keer sirkus toe gaan.  My mond het oopgehang want vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd kon ek elke blaartjie en elke blommetjie sien sonder om my bril op te sit.  My TBRI “journey” het soortgelyk begin.  Ek is al ʼn maatskaplike werker vir 26 jaar en het al soveel gewoontes in die tyd aangeleer.  Dit was soos my bril, ek was gemaklik daarmee want dit is wat ek geken het.  Twee ure in die kursus en my mond het oopgehang en het dit gevoel of ek die stukkende kinders waarmee ons daagliks werk, vir die eerste keer kon sien en werklik kon verstaan.  Vir weke na my operasie het ek nog elke oggend na my bril gesoek, uit gewoonte. Ek besef met die nuwe vaardighede wat ek aangeleer het moet ek daadwerklik my ou gewoontes en manier van doen “unlearn”, uit my gemaksone beweeg en daadwerklik poog om my nuwe kennis toe te pas.  Ek is so opgewonde soos toe ek daardie eerste Jakaranda blommetjie na baie jare vir weer kon “Sien”.

……………………

“Ek het die Empowered to Connect Rewind konferensie vreeslik interessant gevind. Ek was baie ingenome om te sien dat daar soveel strategiese maniere is hoe om situasies te hanteer. Die self regulasie met die “magic mustage” werk wondere om die gemoedere vinnig te bedaar as die kids te opgewonde raak en te veel op een tyd wil doen.  Ek het sommer dadelik die oogkontak met een van die tweeling gebruik om sy aandag te kry en was komedies verras toe hy ewe sarkasties vir my vra “Ma is jy ok, jy weet mos my ooge is blou”.  Ek is tans besig met die TBRI 101 en kan nie wag vir die volgende konferensie nie”.

…………………..

Ek het die Empowered to Connect konferensie baie geniet.  Die interessantste en leersaamste inligting was om kinders die geleentheid te gee om handelinge oor te doen maar net met meer respek asook om hulle keuse tussen twee opsies te gee wanneer hulle teëstribbel.  Ek het reeds begin om dit te implementeer en veral die kleiner kinders ervaar dit baie positief.  Ek kan nie wag vir opvolg konferensie nie”.

Andries Pretorius
No Comments

Leave a reply