DPS Pleegsorg > Uncategorized @afr  > The unsung heroes of our community

The unsung heroes of our community

PLEEGSORG

The unsung heroes of our community

Elke kind verdien om groot te word in ʼn veilige en beskermende omgewing vry van mishandeling en verwaarlosing.  Ons DPS pleegouers bied aan hierdie kinders wat uit moeilike omstandighede kom, die versorging en stabiliteit wat hulle so nodig het.  Hulle help en ondersteun hierdie kinders, wat weens die erge traumas waaraan hul blootgestel is, emosionele en uit reagerende gedrag toon.

Hier by die DPS huise spesialiseer ons in ʼn hoër vlak van versorging vir kinders wat ekstra aandag en dienste benodig.  Die maatskaplike werkers en die pleegouers vorm ʼn gedugte span om seker te maak elke kind, volgens sy eie unieke behoeftes, ontvang die hulp wat hul so nodig het.  Ons is bevoorreg om deel te vorm van multi-dissiplinêre span om seker te maak die kind se behoeftes word op elke vlak na omgesien, hetsy dit medies-, skolasties-, emosioneel, geestelik of psigiatries van aard is.

Ons mees suksesvolle pleegouers is bereid om “buite die boks” te dink, oop vir leiding, geduldig en bereid om verskillende ouerskapsvaardighede en tegnieke aan te leer en toe te pas, afhangende van elke kind se spesifieke behoeftes.  Ander kwaliteite van ons pleegouers is dat hul verdraagsaam moet wees en bereid moet wees om in ʼn span saam te werk met die einddoel voor oë, om ons kinders te help heel maak.

Hier by die DPS huise is ons Visie “Glo, Stabiliseer en Ontwikkel”. 

  • Ons glo in die moontlikheid van elke kind om sy volle potensiaal te bereik, ons glo ons kan nie die werk doen sonder die hulp van God en ons Christelike beginsels nie en ons glo in die ondersteuning van ons gemeenskap om ons te help en ondersteun om die doel te bereik.
  • Geen kind kan floreer of herstel alvorens hy nie stabiliteit in sy lewe ervaar nie. Ons pleegouers sorg dat elke stukkende kind wat oor sy pad kom en in hul huis geplaas word, weet dat hy/sy onvoorwaardelik aanvaar word.  Die kind skakel in by ʼn familie waar hy weet hy elke aand ʼn warm bed sal hê om in te slaap, heerlike maaltye sal ontvang en daar altyd ʼn oor is om te luister en ʼn skouer om op te huil.
  • Sodra ons kinders veilig begin voel en stabiliteit ervaar is wanneer daar terapeuties toe getree kan word en ons ons kinders kan help om te ontwikkel en te groei in die beste weergawe van hulself, wat hul kan wees.

Ons waardes:

  • Deernis – om te luister sonder om te veroordeel
  • Integriteit – Ons stel hoë standaarde aan onsself asook die dienste wat ons lewer deur eties en eerlik te wees met alles wat ons doen
  • Verbintenis – Ons is toegewei daaraan om dienste van die hoogste kwaliteit te lewer in n oop, etiese en positiewe omgewing.
  • Aanspreeklikheid – Ons neem volle verantwoordelikheid vir ons aksies en uitkomste
  • Persoon gedrewe – Ons loop die pad saam met elke kind asook pleegouer en vorm deel van hulle reis soos ons elke stap van die reis saam beplan
  • Vennootskap – Ons werk saam as ʼn span om ʼn gemeenskaplike doel te bereik en verwelkom elke persoon se unieke perspektief en kundigheid.

Ons pleegouers is waarlik die “Unsung heroes” wat daagliks hul tyd opoffer om vir die kosbare kinders wat in hulle sorg toevertrou is die nodige liefde, aandag en TYD te gee wat so nodig is om hierdie kinders op hul pad van herstel te help.

 

DPS Groete

Suzanne van Deventer

+27 66 477 8904

Deurkollekte op 7 Maart

Deurkollekte op 7 Maart 2021 is geoormerk vir die DPS huise.  Jou bydrae maak jou deel van ons span, ons gemeenskap en saam kan ons ʼn verskil maak in elkeen van ons kinders se lewens en hul wys dat hulle soveel meer werd is as wat hul wonde hul uitmaak en hul stories vertel.  Saam kan ons hulle help skryf aan n nuwe storie, een van hoop, omgee en oorwinning.

Bankbesonderhede: ABSA ; Raad van Finansies ; Rek no: 020 000 287 ; Takkode: 632 005 ; Verwysing: 16DPSS.

John James sing ʼn lied “Ek is meer werd”.  Die woorde van die lied het my diep aangegryp omrede dit so van toepassing is op die kinders waarmee ons werk.  Terwyl ek die lied luister het die gesiggies van ons kinders soos ʼn video voor my opgekom.  Ek deel graag die lirieke:

“Vergewe my

Ek weet ek is nie perfek nie, maar jy sal nie weet nie hoeveel trane is op my pad

Maak oop jou hart en trek my nader

Te veel emosies verdrink my in al die spyt.

Ek skree ek smeek

Ek soek my hele lewe lank na ʼn antwoord

Probeer beheer

Dit is buite my reach my gedagtes brand dood

Eks vasgedruk en my hart soek rond

Die lewe draai maak ek staan my grond

Ek breuk die kettings van die mede weapons

Met gebroke drome staan ek op

So krap in my hart en speel met my siel

Binne my menswees is ʼn pad wat ons deel

Jy het my gedagtes jy het my verniel

Daar soveel verskillende draai in die games wat ons speel

Ek het my mind gebring want my hart is dom met verkeerde keuses

So vinnig ek hul kan stop

Daar is soveel redes

Tot die son drop staan ek op my voete met my kop omhoog.

 

Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd as wat my storie kan vertel

 

Ek vergewe jou, so naby aan perfek dat die lewe nie sin maak

As jy nie deel daarin

Kom vat my hand

Breuk af jou mure

Dan bou ons iets wat niemand ooit kan vat

Sê jy my wat is ek werd

Ek is moeg vir baklei maar ek hou aan veg

Eks op my knieë in die kerk

Ek skree vir die wolke maar die son bly terg

Ek is moeg vir die mental werk

Dit breuk my elke dag en ek weet nie meer hoe om te smile nie, om te voel nie, om te huil, om te veg nie

Ek lewe nie meer soos wat ek op n tyd het nie

Ek moet bly veg want eks nul as ek nie het nie

Vat net my hand want ek praat met die spieël

Vra die lewe om die pyn met my te deel

Dit het my gedagtes dit het my verniel

Jy ken al die draaie in die games wat ons speel

Jy kyk my so asof jy my iets vra

Almal verdien n tweede kans

Ja ons almal verdien n tweede kans

 

Gaan jy my judge as jy weet daar is vrees in my

Is ons dan gemaak om vir onsself te baklei

Vandag wens ek jy kon in my hart sien

Moet n mens so veg om liefde te verdien

Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd as wat my storie kan vertel”

Andries Pretorius
No Comments

Leave a reply