DPS Huise

PLEEGKINDERKAMP 2025

“Back to Basics – The Christmas Edition”

8–12 Desember 2025

Hierdie Desember is ons ongelooflik opgewonde om weer ons jaarlikse kamp vir ons pleegkinders aan te bied – ’n spesiale tyd van groei, genesing, pret en praktiese toerusting vir jongmense in pleegsorg. Die kamp vind plaas van 8 tot 12 Desember 2025, en ons tema vir vanjaar is:

⭐ “Back to Basics – The Christmas Edition” ⭐

In die gees van Kersfees fokus ons op die hart van eenvoud, hoop en nuwe begin. Ons wens dat elke jongmens tydens hierdie week die liefde van Christus, ’n gevoel van behoort, en die moed om die toekoms met vertroue aan te pak, sal ervaar.

’n Week van Lewensverandering

Die kamp is ontwerp om ons pleegkinders toe te rus met lewensvaardighede wat hulle nodig het om as jong volwassenes selfstandig en vol geloof die wêreld te betree. Spesiale fokus word gelê op ons skoolverlaters, wat binnekort die groot stap na onafhanklikheid neem.

Gedurende die kamp sal ons praktiese werkswinkels aanbied oor:

  • Hoe om ’n begroting op te stel en finansies verantwoordelik te bestuur
  • CV-opstel en voorbereiding vir die werk wêreld
  • Werksonderhoud-vaardighede – hoe om selfversekerd en professioneel op te tree
  • Basiese lewensvaardighede soos huishouding, selfbestuur en emosionele welstand
  • Christelike waardes en karakter bou, verweef met die boodskap van Kersfees

Ons glo dat hierdie vaardighede nie net hul lewenspad sal help vorm nie, maar ook selfvertroue en hoop vir die toekoms sal bou.

’n Groot Dankie aan Ons Gemeentes en lidmate asook elke individu

Hierdie kamp sou ons wérklik nie kon aanbied sonder die ongelooflike ondersteuning van ons gemeentes, individue en donateurs nie.

Ons wil graag ’n opregte en hartlike dankie uitspreek aan:

  • Gemeentes wat finansieel bygedra het
  • Vrywilligers wat hul tyd, liefde en energie aanbied
  • Individue wat kos, items, vervoer of vaardighede beskikbaar stel
  • Borge wat help om elke jaar hierdie droom ’n werklikheid te maak

Elke gebed, elke skenking en elke hand van hulp maak ’n tasbare verskil in die lewens van hierdie jongmense. Julle bou saam aan hul toekoms.

Saam Maak Ons Lig

Kersfees herinner ons daaraan dat Christus as die Lig na die wêreld gekom het. Met hierdie kamp wil ons daardie lig verder dra – na kinders wat dit die meeste nodig het. Ons nooi die kerk uit om saam met ons te bid vir ’n veilige, geseënde en lewens veranderende kamp week vir elke pleegkind, student en personeellid.

Mag God elkeen se betrokkenheid ryklik seën.

Dankie dat julle saam met ons hoop bou.

DPS Groete

Suzanne van Deventer

Maatskaplike Bestuurder:  DPS Huise