Ons streef om getraumatiseerde kinders in selfstandige individue te ontwikkel.
Kinders verdien die geleentheid om groot te word in ‘n familie omgewing omring deur liefde en ondersteuning. Ons huise bied ‘n unieke familie omgewing gebaseer op God se liefde en sorg as fondament. Ons vermy enige etikette wat op pleegkinders geplaas kan word en bied n stabiele, gesonde omgewing.
Ons doel is om kinders te help om fisies, emosioneel, en sosiaal te ontwikkel.
'n Multi-Dissiplinêre Benadering
Die Direksie beywer hulself tot die beveiliging van kinders teen alle vorme van mishandeling. Maatskaplike werkers bevorder metodes om lewenswyse te verander van alle kwesbare kinders.
Die pleegouers loop nie die pad alleen nie. ‘n Multi-professionele span wat bestaan uit predikante, maatskaplike werkers, sielkundiges, onderwysers en beraders vorm deel van die span om seker te maak elke kind se unieke behoeftes en trauma word aangespreek. Kinders wat skool klaar gemaak het word steeds deur die sisteem emosioneel ondersteun en gehelp om nav hul aanleg aansoek te doen by tersiêre opleidingsinstansies om verder te studeer en word gehelp met beurs asook leningsaansoek.


Skenk en Help
Wil jy graag n bydra lewer en ons tot hulp wees?
Kontak ons om as vrywilliger betrokke te raak of om n skenking te maak.

