DPS Huise

Onlangs word ons maatskaplike werkers opgelei deur Dr Lizette Labuschagne oor seksuele misbruik en die proses van “grooming” / seksuele gereedmaking deur molesteerders.  Wat ‘n insiggewende oggend!  Nie dat ons maatskaplike werkers nie bekend is met die term nie, maar ons besef opnuut hoe wyd die probleem le.  Wat ons veral opval, is die kwessie van aanlyn-blootstelling van ons kinders.

Maar alhoewel ons maatskaplike werkers dalk baie te doen kry met die tema, is dit verbasend hoeveel (professionele) mense dit nie ken of herken nie.

Dit kan gedefinieer word as:

“A process by which a person prepares a child, significant others, and the environment for the abuse of this child.  Specific goals include gaining access to the child, gaining the child’s compliance, and maintaining the child’s secrecy to avoid disclosure.  This process serves to strengthen the perpetrator’s abusive pattern, as it may be used as a means or justifying or denying their actions”

 

Oortreders maak al meer van sosiale media, aanlyn platvorms (Facebook , Whats App, X, Instagram), aanlyn speletjies of ander digitale speletjies gebruik om met hul slagoffers te kommunikeer en te manipuleer terwyl hulle dikwels hul ware identiteit en bedoelings verberg.

Drie aspekte waarna ‘n aanlyn oortreder sal soek:

  • Toeganklikheid,
  • geleentheid, en
  • kwesbaarheid.

Daar is dus juis nou geen verskoning vir ouers om nie bewus te wees van waarmee hulle kinders besig is, op watter platforms hulle rondkuier en om toegang tot sosiale media te reguleer nie. Dit is lewensbelangrik om tegnologies “by te hou” en bv toepassings (apps) op kinders se fone te installeer om inhoud te beheer. 

Maar ons kinders is slim, en kom soms daarby verby.  Daarom MOET ouers ook fisies hulle minderjarige kinders se sosiale media interaksie met valk oë dophou.

Baie van hierdie oortreders doen hulself voor as ‘n maat / of ‘n kind en die kinders is nie noodwendig daarvan bewus nie. Boonop mis kinders die intensie van ‘n oortreder deurdat die visuele tekens (visual ques) aanlyn, afwesig is. Hulle sien dus die gevaartekens moeiliker raak.

Soms word “emoticons” (sosiale media-pretjies) met seksuele ondertone gebruik, om verskuilde boodskappe te stuur waarvan baie volwassenes salig onbewus is.  So het ons onlangs uitgevind ʼn eiervrug en perske “emoticons” staan nie noodwendig vir groente en vrugte nie.  Hierdie is egter ʼn gesprek vir ʼn ander dag.

“GROOMING” OF SEKSUELE VOORBEREIDING gebeur

  • sodra ‘n vertrouensverhouding gevestig is.
  • begin met die bekendstelling van die tipe “verbode vrugte” aktiwiteite soos om vuil grappies te vertel, pornografie bekend te stel of geleidelik kontak meer fisies van aard te maak.
  • Die eerste fisiese kontak met die kind is gewoonlik nie-seksueel van aard nie maar ontwerp om die perke te toets, die kind se verdediging af te breek en verhoog die kind se aanvaarding van ontoepaslike optrede.

Dit is ook bekend dat oortreders metodes soos skaamte en skuldgevoelens gebruik,  om dit uit te buit deur die kind te oortuig dat hulle gewillige medepligtiges aan hul  bose aktiwiteite was. Hierdie oortuiging lei daartoe dat die kind minder gewillig is om ander te vertel, omdat hulle glo hulle aandeel het in die oortreding. (Hierdie metode is veral suksesvol met kinders binne die laerskool fase  waar hulle nog baie gebonde is aan die glo van “reg, verkeerd, straf ens” en dat ‘n mens slegs goed of sleg is…geen grys areas tussen in).

Dit is bekend dat oortreders van vrees, dreigemente en geweld gebruik maak om beide volwassenes en kinders te manipuleer om te doen wat hulle wil hê en hulle af te pers.

In teenstelling met wat almal glo, kan enige ander sosio-emosionele trauma dieselfde gedrag in  kinders openbaar wat ook seksueel uitgebuit word.  Dus gaan volwassenes nie noodwendig weet of die trauma van ‘n kind seksueel of emosioneel van aard is nie.

Voorts het verskeie navorsingstudies wat oor 10 jaar gedoen is, bevind dat ‘n beduidende hoeveelheid seksueel misbruikte kinders (soveel as 40%) nie noodwendig spesifieke (abnormale) gedrag toon wat noodwendig  verband hou met seksuele misbruik nie.  Dit is dus baie moeilik om seksuele misbruik (veral met sosiale media) raak te sien.

Bo en behalwe daarvan dat volwassenes hul moet vergewis van wat op hulle kinders se sosiale media aangaan, is dit belangrik om te weet dat ‘n persoon wat kennis het dat ‘n seksuele misdryf gepleeg is teen ‘n kind, die sodanige kennis onmiddellik aan ‘n polisiebeampte of kinderbeskerming organisasie moet aanmeld.

‘n Persoon wat versuim om sodanige inligting te rapporteer is skuldig aan ‘n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete of tot gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens vyf jaar of beide.

 ‘n Persoon wat te goeder trou en van redelike oortuiging is dat ‘n oortreding plaasvind  sal nie aanspreeklik wees vir vervolging van enige party in die saak nie.  Dit is dus nie ‘n verskoning om te se dat jy bang was dat jy oorreageer nie!

Seksuele misbruik van kinders is lank nie meer die “vreemde oom / tante” wat lekkers uitdeel, en kinders fisies gryp en verdwyn nie.  Die nuwe gevaar le agter die skerm van ‘n onskuldige aanlyn -speletjie, kletsgroep, aanlyn profiel of foto.  Die boosdoeners is uitgeslape en ken tegnologie en die wêreld van kinders menigmale beter as enige van ons ouers of professionele mense wat met kinders werk. 

Neem dus kennis, maak jouself weerbaar en wees gewaarsku!!

*Met erkenning en vergunning van Dr Lizette Labuschagne

Tertia Vos

Maatskaplike werker:  DPS Huis Prinsloo