Die afgelope jaar het ons weer bewys dat dit nie altyd groot of formele programme of opleidings is wat ἠ verskil maak in ons pleegsorg huise nie. Soms is dit net ἠ spuitbuis kleur, ἠ glimlag en ἠ kans om saam te lag wat belangrik is. By ons Poenskop en haarsprei stalletjies tydens die kerkbasaar het pleegkinders, hul pleegouers en die maatskaplike werkers saamgekom in ἠ atmosfeer van pret en ontspanning.
Wat op die oog af lyk soos ἠ bewusmaking en fondsinsamelings geleentheid, dra veel dieper betekenis. Hierdie saamwees aktiwiteite skep ruimte waar ons kinders uit die verskillende huise mekaar kan ontmoet, nuwe vriendskappe kan vorm en ervaar dat hulle deel is van ἠ groter familie. Hierdie dae bied ook geleenthede vir die pleegouers om hulle ervarings met mekaar te kan deel, mekaar te ondersteun en te besef dat hulle nie alleen op hierdie pad hoef te stap nie. Vir maatskaplike werkers is dit ἠ waardevolle kans om buite die formele kantoor omgewing werklik deel te wees van die kinders en gesinne se wêreld- om saam te kan lag, te luister en net mens saam hulle te wees.
Die belangrikheid van hierdie samekoms lê juis in die verbindings wat dit skep. Dit bou verhoudings tussen die verskillende huise, herinner die kinders dat hulle nooit alleen is nie, en versterk ook die netwerk van ondersteuning wat vir die pleegouers so nodig is. Elke oomblik van ligtheid en pret word uiteindelik ἠ bewys van hoop, behoort en gemeenskap.
Voordele van informele samekoms:
Emosionele voordele
- Versterk die kinders se selfbeeld wanneer hulle ervaar dat hulle aanvaar word en deel van iets groter kan wees.
- Verminder gevoelens van isolasie en eensaamheid by ons kinders asook die pleegouers.
- Belangrikste van alles is, dit bou herinneringe wat help om trauma en verlies te balanseer met positiewe ervarings.
Verhoudings voordele
- Skep ἠ gevoel van vertroue en oop kommunikasie tussen ons kinders, pleegouers en die maatskaplike werkers.
- Bou ἠ gesonde samewerkingsverhouding waar almal saam as ἠ span kan werk.
- Gee ons kinders die ervaring dat volwassenes uit verskillende rolle (ouers, maatskaplike werkers, ander gesinne) in dieselfde span is.
Praktiese voordele
- Skep ἠ platform waar hulpbronne, wenke en inligting gedeel kan word.
- Bevorder kreatiwiteit wat belangrik is in ons kinders se ontwikkeling.
- Ontwikkeling van kultuur van samewerking tussen verskillende pleeghuise en organisasies.
Langtermyn voordele
- Bou ἠ sterker ondersteuningsnetwerk wat volhoubaar is in die langtermyn.
- Dra by tot gemeenskap samehorigheid- pleegsorg word gesien as deel van die breër gemeenskap en nie iets afgesonder nie.
- Versterk die boodskap dat elke kind waardevol is en ἠ plek van behoort het.
Saamkomste soos hierdie herinner ons daaraan dat liefde, behoort, aanvaarding en hoop dikwels in die kleinste en eenvoudigste oomblikke skuil. Met elke spatsel kleur word ons bande net sterker. Sluit by ons aan en wees deel van ons laaste twee poenskoppe vir die jaar 2025. Kom ervaar self die kleurvolle kant van pleegsorg. Indien jy ons wil bespreek vir 2026 kontak gerus vir Suzanne by epos: suzanne@rata.org.za
Maatskaplike Werker: DPS Gauteng Huise


