DPS Huise

Legkaarte van ons lewens

Almal van ons bou daagliks aan die legkaarte van ons lewens. Vir sommige van ons is dit, met die hulp van ons ouers, onderwysers en kategete, moontlik om al die stukke in plek te plaas. Hulle help ons om die stukke te meet en te pas totdat daar ‘n mooi prentjie is.

Vir ander van ons is dit nie so eenvoudig nie. Ons moet self die stukke uitpak en uitsorteer. Ons moet self die stukke meet en pas. Soms pas dit en soms bou jy verkeerd tot op die punt waar jy moet afbreek en ander stukke soek en pas.

Sonder Christus is die bou van ons lewens-legkaart nie moontlik nie. In gehoorsaamheid aan Hom is ons Kerk al vir meer as 100 jaar besig om kinders te help om hulle stukkende legkaarte te herbou in heel prentjies in. Deur die hande en die voete van die direksie van die Kinderhuise, die personeel, maatskaplike werkers, huisouers, toesigkomitees, en gemeentes help ons kinders om legkaartstukke te sorteer en te pas, en só word Christus se genade sigbaar in ‘n harde wêreld.

In 2026 vra ons u om saam te help bou aan die legkaart van die DPS-huise en veral ons DPS-kinders. Hierdie kinders het jóú nodig om die vermiste stuk van die legkaart te word. Hieronder is ‘n paar maniere om deel te word van die legkaart-bou-span van die DPS-huise.

 

Legkaarte vir kategese, skole, jeuggeleenthede, huisgodsdiens, ensovoorts

Ons is baie opgewonde om ons reeks DPS-legkaarte bekend te stel!

Daagliks gebruik onderwysers, ouers, terapeute en andere legkaarte. Deur legkaarte leer kinders visuele konsepte en oriëntasie. Tydens terapeutiese sessies word legkaarte gebruik om getraumatiseerde persone te kalmeer en om hulle gevoelens te help verwerk. In die opvoedkunde word legkaarte gebruik om bepaalde begrippe en verhale oor te dra aan kinders en veral kinders wat getraumatiseerd is. Bybelse verhale kan ook, deur die gebruik van legkaarte, aan ons kinders oorgedra word op ‘n visuele en interaktiewe manier.

Hierdie legkaarte beeld verskillende Bybelse verhale uit. Die fokus op verskillende ouderdomsgroepe maak die gebruik van die legkaarte veelsydig. Hieronder is voorbeelde van Moses in die mandjie, weggesteek in die Nylrivier, vir twee ouderdomsgroepe: voorskoolse en laer grade, asook kinders in hoër grade.

Die legkaarte kan nuttig gebruik word om Bybelse verhale aan kinders oor te dra tydens huisgodsdiens, kategese, ensovoorts.

Bestel legkaarte deur die aanlynvorm hieronder te voltooi en in te stuur. Die fondse gegenereer uit die verkope van die legkaarte sal bydra tot die versorging van ons kinders in die DPS-huise.

Die legkaarte bestaan uit verskillende groottes, materiaal en prentjies, en kan bestel word volgens jou keuse.  Volg die volgende skakel om te bestel deur die PDF bestelvorm hier

Ons hoop en vertrou dat u sal instem om die vermiste stuk van die legkaart te word, op só ’n manier dat ons kan aanhou om kinders, wat die slegte kant van die lewe ken, ’n kans tot heel word te bied.

Saam in diens,

Ds Gerhard Stoltz
Sekretaris: Diakonaat
082 872 5236
gerhard@nhk.co.za

DPS-huise Legkaart Bestelvorm

DPS-HUISE LEGKAART BESTELVORM

Logo

Hoe die bestelvorm werk:
Daar is 4 ouderdoms groepe. By elke ouderdoms groep kan u die: Tema, grootte en stukke kies van die legkaart. Elke afdeling het `n aftreklys met verskillende opsies. Die prys van die geselekteerde legkaart sal verskyn onder aan die tabel, waar u ook dan die hoeveelheid kan spesifiseer. Wanneer u tevrede is met u seleksie moet u die "voeg seleksie by" knoppie druk. `n Uiteensetting van u bestelling sal aan die onderkant van hierdie bestelvorm verskyn. Wanneer u bestelling voltooi is kan u `n elektroniese betaling doen. (Bankbesonderhede onder aan die vorm voorsien) Druk dan die "Stuur bestelling" knoppie. Die bestelling gaan oopmaak in u E-pos stelsel met `n volledige uiteensetting van u bestelling. Heg dan die bewys van betaling aan die E-pos en stuur. Probeer asseblief vermy om enige van die inligting wat klaar op die E-pos is te verander of uit te vee.
Die tabelle kan na reg beweeg.

18 Maande tot 3 Jaar
Tema Grootte Stukke

Prys: R 

--

Voorskools (3jr) tot Graad 3 (9jr)
Tema Grootte Stukke

Prys: R 

--

Graad 4 (10jr) tot Graad 6 (12jr)
Tema Grootte Stukke

Prys: R 

--

Graad 7 (13jr) tot Graad 10 (16jr)
Tema Grootte Stukke
Karton Legkaarte

Prys: R 

--

Afhandeling van Bestelling
Ouderdoms Groep Tema Grootte Stuk Telling Hoeveel Eenheids Prys Prys
Aflewering: R 80
Total: R 80

Bankbesonderhede:
Naam: Kinderhuise v/d NHKA
Bank: ABSA
Rek no: 020 390 093
Takkode: 632005
Verwysing: Naam & Van + legkaarte