Gemeente Indelingvorm
INDELING VAN GEMEENTES BY DIAKONALE PLEEGSORGHUISE (DPS-huise) Aanlyn vorm.
15 Augustus 2022
Aan:
Gemeentes van die NHKA
Kerkraadsvergaderings
Gemeentelike komitees vir diakonaat
Broers en Susters
Sedert 2021 het daar verskeie ringe saamgesmelt, en daar het ook verskuiwings van gemeentes tussen ringe plaasgevind. ‘n Gevolg hiervan is dat die wyse waarop ringe vroeër jare by die onderskeie DPS-huise ingedeel is, nie meer ideaal is nie. Sommige ringe sou nou by twee huise betrokke moes wees, terwyl gemeentes wat al lank by ‘n bepaalde DPS-huis betrokke is, nou skielik by ‘n ander huis betrokke sou moes raak.
Hierdie veranderings het veroorsaak dat die Direksie van die Kinderhuise die indeling van die ringe by die onderskeie DPS-huise in heroorweging moes neem. Tydens ‘n direksievergadering op 27 Julie 2022 is daar besluit dat die beste oplossing sal wees om die keuse in geheel aan gemeentes oor te laat, van by watter DPS-huis hulle graag betrokke wil wees.
Op 3 Augustus 1922, ‘n volle eeu gelede, het die Algemene Kerkvergadering besluit om met kinderversorging deur middel van ‘n weeshuis te begin. In 1923 is die eerste 5 kinders in Krugersdorp, De Hervormde Weeshuis, opgeneem. Tans versorg die Kerk steeds 36 kinders in 6 DPS-huise.
Vir die Kerk om hierdie werk te kan voortsit, verby die 100 jaar merk, versoek ons gemeentes en veral die gemeentelike komitees vir diakonaat, om betrokke te bly of betrokke te raak by een van die DPS-huise. Meegaande dan ook ‘n lys van die onderskeie DPS-huise met die skakel na die WhatsApp-groep van elke huis. Die besonderhede van die voorsitter van elke huis se toesigkomitee, word ook vir u kennisname, ingesluit by die lys.
Ons sal dit baie waardeer as u teen 1 November vir ons ‘n aanduiding kan gee van u besluit oor die betrokkenheid by ‘n huis, en spesifiek watter huis u graag wil ondersteun.
Ontvang hiermee ook die direksie se opregte dank vir die gemeentes en lidmate wat reeds vir verskeie jare meewerk om aan die kinders in die DPS-huise hoop te gee en ‘n toekoms te bewerk.
Saam in diens
Ds Gerhard Stoltz
Waarnemende bestuurder
Kinderhuise van die NHKA
Gemeente indeling by DPS Huise
Gemeentes kan hier hulle keuse maak van by watter DPS huis hulle wil inskakel en betrokke raak.
Diakonale Pleegsorg Huise
Huis: Elsburg
- Plaaslike Gemeente: Elsburg
- Toesigkomitee Voorsitter: Bennie Botha
- E-posadres: 007bennie@gmail.com
- WhatsApp skakel: https://chat.whatsapp.com/H9bzigtTbEw8clqj1J5XEd
Huis: Krugersdorp
- Plaaslike Gemeente: Krugersdorp Noord
- Toesigkomitee Voorsitter: Ds Attie Hattingh
- E-posadres: ajh@nhk.za
- WhatsApp Skakel: : https://chat.whatsapp.com/I7usDwjskLc4jpECNznTA8
Huis: Montana
- Plaaslike Gemeente: Montana
- Toesigkomitee Voorsitter: Dr Thinus van Staden
- E-posadres: wysmydieson@gmail.com
- WhatsApp Skakel: : https://chat.whatsapp.com/GnhDz3PiIuwBEqBZ24cVWj
Huis: Ninapark
- Plaaslike Gemeente: Witfontein
- Toesigkomitee Voorsitter: Ds Jimmy Manders
- E-posadres: jtmanders@icon.co.za
- WhatsApp Skakel: https://chat.whatsapp.com/FP5XSN3WBdqKCyZdwsyruT
Huis: Potchefstroom
- Plaaslike Gemeente: Potchefstroom
- Toesigkomitee Voorsitter: Ds Willem Kok
- E-posadres: wilmak@absamail.co.za
- WhatsApp: https://chat.whatsapp.com/L4CHRim0m8IG0C6kFIPLD6
Huis: Rustenburg/Prinsloo
- Plaaslike Gemeente: Rustenburg Tuine
- Toesigkomitee Voorsitter: Ds Johnny Young
- E-posadres: johnny@tuine.co.za
- WhatsApp Skakel: : https://chat.whatsapp.com/BfqScB2DsQ99aWmuxI2pKt
Skenk en Help
Wil jy ons graag help en bydra lewer?
Maak ‘n finansiële bydra of meld aan as vrywilliger
Artikel 18A betalings bewys beskikbaar op aanvraag.