PLEEGSORG
“The unsung heroes of our community”
Elke kind verdien om groot te word in ʼn veilige en beskermende omgewing vry van mishandeling en verwaarlosing. Ons DPS pleegouers bied aan hierdie kinders wat uit moeilike omstandighede kom, die versorging en stabiliteit wat hulle so nodig het. Hulle help en ondersteun hierdie kinders, wat weens die erge traumas waaraan hul blootgestel is, emosionele en uit reagerende gedrag toon.
Hier by die DPS huise spesialiseer ons in ʼn hoër vlak van versorging vir kinders wat ekstra aandag en dienste benodig. Die maatskaplike werkers en die pleegouers vorm ʼn gedugte span om seker te maak elke kind, volgens sy eie unieke behoeftes, ontvang die hulp wat hul so nodig het. Ons is bevoorreg om deel te vorm van multi-dissiplinêre span om seker te maak die kind se behoeftes word op elke vlak na omgesien, hetsy dit medies-, skolasties-, emosioneel, geestelik of psigiatries van aard is.
Ons mees suksesvolle pleegouers is bereid om “buite die boks” te dink, oop vir leiding, geduldig en bereid om verskillende ouerskapsvaardighede en tegnieke aan te leer en toe te pas, afhangende van elke kind se spesifieke behoeftes. Ander kwaliteite van ons pleegouers is dat hul verdraagsaam moet wees en bereid moet wees om in ʼn span saam te werk met die einddoel voor oë, om ons kinders te help heel maak.
Hier by die DPS huise is ons Visie “Glo, Stabiliseer en Ontwikkel”.
- Ons glo in die moontlikheid van elke kind om sy volle potensiaal te bereik, ons glo ons kan nie die werk doen sonder die hulp van God en ons Christelike beginsels nie en ons glo in die ondersteuning van ons gemeenskap om ons te help en ondersteun om die doel te bereik.
- Geen kind kan floreer of herstel alvorens hy nie stabiliteit in sy lewe ervaar nie. Ons pleegouers sorg dat elke stukkende kind wat oor sy pad kom en in hul huis geplaas word, weet dat hy/sy onvoorwaardelik aanvaar word. Die kind skakel in by ʼn familie waar hy weet hy elke aand ʼn warm bed sal hê om in te slaap, heerlike maaltye sal ontvang en daar altyd ʼn oor is om te luister en ʼn skouer om op te huil.
- Sodra ons kinders veilig begin voel en stabiliteit ervaar is wanneer daar terapeuties toe getree kan word en ons ons kinders kan help om te ontwikkel en te groei in die beste weergawe van hulself, wat hul kan wees.
Ons waardes:
- Deernis – om te luister sonder om te veroordeel
- Integriteit – Ons stel hoë standaarde aan onsself asook die dienste wat ons lewer deur eties en eerlik te wees met alles wat ons doen
- Verbintenis – Ons is toegewei daaraan om dienste van die hoogste kwaliteit te lewer in n oop, etiese en positiewe omgewing.
- Aanspreeklikheid – Ons neem volle verantwoordelikheid vir ons aksies en uitkomste
- Persoon gedrewe – Ons loop die pad saam met elke kind asook pleegouer en vorm deel van hulle reis soos ons elke stap van die reis saam beplan
- Vennootskap – Ons werk saam as ʼn span om ʼn gemeenskaplike doel te bereik en verwelkom elke persoon se unieke perspektief en kundigheid.
Ons pleegouers is waarlik die “Unsung heroes” wat daagliks hul tyd opoffer om vir die kosbare kinders wat in hulle sorg toevertrou is die nodige liefde, aandag en TYD te gee wat so nodig is om hierdie kinders op hul pad van herstel te help.
DPS Groete
+27 66 477 8904
Deurkollekte op 7 Maart
Deurkollekte op 7 Maart 2021 is geoormerk vir die DPS huise. Jou bydrae maak jou deel van ons span, ons gemeenskap en saam kan ons ʼn verskil maak in elkeen van ons kinders se lewens en hul wys dat hulle soveel meer werd is as wat hul wonde hul uitmaak en hul stories vertel. Saam kan ons hulle help skryf aan n nuwe storie, een van hoop, omgee en oorwinning.
Bankbesonderhede: ABSA ; Raad van Finansies ; Rek no: 020 000 287 ; Takkode: 632 005 ; Verwysing: 16DPSS.
John James sing ʼn lied “Ek is meer werd”. Die woorde van die lied het my diep aangegryp omrede dit so van toepassing is op die kinders waarmee ons werk. Terwyl ek die lied luister het die gesiggies van ons kinders soos ʼn video voor my opgekom. Ek deel graag die lirieke:
“Vergewe my
Ek weet ek is nie perfek nie, maar jy sal nie weet nie hoeveel trane is op my pad
Maak oop jou hart en trek my nader
Te veel emosies verdrink my in al die spyt.
Ek skree ek smeek
Ek soek my hele lewe lank na ʼn antwoord
Probeer beheer
Dit is buite my reach my gedagtes brand dood
Eks vasgedruk en my hart soek rond
Die lewe draai maak ek staan my grond
Ek breuk die kettings van die mede weapons
Met gebroke drome staan ek op
So krap in my hart en speel met my siel
Binne my menswees is ʼn pad wat ons deel
Jy het my gedagtes jy het my verniel
Daar soveel verskillende draai in die games wat ons speel
Ek het my mind gebring want my hart is dom met verkeerde keuses
So vinnig ek hul kan stop
Daar is soveel redes
Tot die son drop staan ek op my voete met my kop omhoog.
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd as wat my storie kan vertel
Ek vergewe jou, so naby aan perfek dat die lewe nie sin maak
As jy nie deel daarin
Kom vat my hand
Breuk af jou mure
Dan bou ons iets wat niemand ooit kan vat
Sê jy my wat is ek werd
Ek is moeg vir baklei maar ek hou aan veg
Eks op my knieë in die kerk
Ek skree vir die wolke maar die son bly terg
Ek is moeg vir die mental werk
Dit breuk my elke dag en ek weet nie meer hoe om te smile nie, om te voel nie, om te huil, om te veg nie
Ek lewe nie meer soos wat ek op n tyd het nie
Ek moet bly veg want eks nul as ek nie het nie
Vat net my hand want ek praat met die spieël
Vra die lewe om die pyn met my te deel
Dit het my gedagtes dit het my verniel
Jy ken al die draaie in die games wat ons speel
Jy kyk my so asof jy my iets vra
Almal verdien n tweede kans
Ja ons almal verdien n tweede kans
Gaan jy my judge as jy weet daar is vrees in my
Is ons dan gemaak om vir onsself te baklei
Vandag wens ek jy kon in my hart sien
Moet n mens so veg om liefde te verdien
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd as wat my storie kan vertel”







