DPS Huise

‘n Predikant het onlangs by een van ons DPS-huis byeenkomste ‘n baie treffende boodskap gebring aan elkeen van ons DPS-kinders.  Dit het my diep getref.  In sy boodskap maak hy melding dat Jesus – net soos ons DPS-kinders – eintlik ook ‘n “pleegkind” was.  Hy het ‘n Vader gehad, maar daar was baie spesiale, aardse ouers  kerkleiers en wyses wat uitverkies was om Hom te help grootmaak, en die wee van die kerk en Christenskap te leer.  Daarom hoef ons kinders in die DPS sisteem nooit “anders” of “vreemdelinge in die wêreld” te voel nie, want Jesus het self in daardie skoene gestaan, en weet hoe dit voel om ‘n “pleegkind” te wees.  Meer nog, die Vader het ook mense daar geplaas om met die grootse saak te help!

Wat ‘n besondere inspirasie was die boodskap nie?! Nie net vir die kinders nie, maar ook vir die mense betrokke by die DPS sisteem:  om te weet dat elkeen van ons gekies is om deel te wees van ‘n Groter Saak, wat lankal vooraf gegaan is deur die Alwysheid van ons Vader.

Maar, is daar ook ander in ons Gemeentes wat deel wil wees van hierdie besondere roeping?  Hoeveel van ons gemeentelede weet van die DPS-pleeghuise.  Hoeveel van ons kan die parallelle tussen ons diensbaarheid in God se opdrag en die wêreld sien en uitleef?

Hier is ‘n geleentheid om juis daaraan te voldoen:  Die DPS-bestuur dit goed gedink om uit te help, in die vorm van ‘n “Quiz”- aand (Vasvra-aand)

Vir die konteks waarbinne die kerk funksioneer, is dit belangrik dat daar verhoudings gebou word met die lidmaat/persoon wat deur die “hek” inkom. Hier skep ons die geleentheid, waar hierdie mens kan deelneem en deel word op ‘n informele manier, en betrokke te raak by kerklike aktiwiteit, in die geval die plaaslike DPS huis.

Gemeentes in die Ring of wat betrokke is by die spesifieke huise, word genooi om elkeen ‘n span in te skryf. Die vrae sal op n PowerPoint aanbieding voorsien word tesame met die antwoorde.

Deelnemers skryf in as ‘n span met maksimum 8 spanlede. Gesinne, vriende groepe of katkisasie klasse stel self die span saam.

Tien vrae word in 5 rondtes gevra deur die Quiz Master. Hierdie 10 vrae word binne 15 minute gevra. Elke rondte dek al 5 kategorieë, m.a.w. 2 vra uit elke kategorie.

Deelnemers skryf die antwoorde op ‘n vel papier. Aan die einde van elke ronde, ruil die spanne antwoord stelle om dit te merk. Kontrole vind plaas deur die antwoord stelle in te handig by die persone (opstellers) wat dit nagaan.

Die vra bestaan uit 5 kategorieë nl:

            Kategorie

  • Bybel
  • Sport/sport sterre
  • Natuur
  • Musiek/flieks/akteurs
  • Huidige gebeure/Geskiedenis

Al die vrae gaan spesifiek gebaseer wees op pleegsorg en diensbaarheid aan kinders in nood.  Die vrae word ook voorsien, so die moeilike gedeelte is reeds klaar gedoen!

Aan die einde van die aand word die wenners aangewys, en sodoende word meer mense bewus van wat die DPS huis is en doen, en waar hulle dalk ‘n verskil of bydrae kan maak!!

Kom, verbreed jou horisonne, en wie weet – dalk kan jou diensbaarheid mense se lewens aanraak, in God se groter Plan.

Groetnis

Tertia Vos

Maatskaplike werker:  DPS Rustenburg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *