DPS Huise

 

Moder Theresa het gesê:

“People are often unreasonable and self-centred. Forgive them anyway. If you are kind, people may accuse you of ulterior motives. Be kind anyway. If you are honest, people may cheat you. Be honest anyway. If you find happiness, people may be jealous. Be happy anyway. The good you do today may often be forgotten. Do good anyway. Give the world the best you have, and it may never be enough. Give your best anyway. For you see, in the end, it is between you and God. It was never between you and them anyway.”

In ons dag-tot-dag werk, word ons as maatskaplike werkers en versorgers gekonfronteer met stukkende kinders, kinders sonder hoop, kinders wat kwaad is vir volwassenes en sommer net vir die lewe. Dit verg baie insette om ‘n punt te bereik waar kinders jou vertrou en waar hulle dan op ‘n plek kom waar hulle in staat is om jou nader aan hulle harte toe te laat.

Ons veg elke dag teen swaar emosies, vernietigende gedagtes en gedrag, teen ouers en soms kinders, teen mense se opinies, die media en die sisteem. Ons sukkel en stoei, met sommige kinders is dit 1 stappie vorentoe en 5 stappies terug. En partykeer sal kinders jou laat verstaan dat jy nie eers die moeite moet doen nie, want jy is ook net ‘n tydelike faktor wat hulle binnekort in die steek sal laat. Tog probeer ons om elke dag op te daag, daar waar hulle ons die minste verwag.

Maatskaplike werkers is gereeld in die spervuur en ons werk word dikwels as ‘n ‘ondankbare werk’ beskryf. Dit is in tye van sukkel en stoei wat Moeder Theresa se woorde my na aan die hart lê en dit is dan wanneer ek opnuut besef dat dit altyd net ons doel moet wees om goed te doen, ongeag.

Groete,

Elanze Smit

Maatskaplike werker:  DPS Gauteng

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *