THE SOUND OF FREEDOM
Human Trafficking
“It’s already surpassed the illegal weapons trade, and soon it will surpass the drug trade. Do you know why? You can sell a bag of cocaine once. A 5-year-old child, you can sell them 5-10 times per day for 10 years straight.”
Gedurende die naweek, het ek die fliek ‘The sound of freedom’ gekyk en dit het my diep geraak. Ek het opnuut besef hoe kwesbaar kinders is, maar veral hoe kwesbaar kinders in die sisteem is. Hulle soeke na behoort en aanvaarding, maak hulle maklike teikens vir misbruik deur die bose wêreld daar buite. Mensehandel is so groot organisasie, dat mens amper voel wat help dit om enigsins te probeer? Wat is die kanse? Waar begin jy soek? Red mens een of twee, is daar duisende ander daar buite.
Ek was oorweldig met die statistiek, om te hoor hoe ver en hoe wyd dit strek, om te hoor hoe vinnig en hoe maklik dit is om kinders binne minute oor die grens te kry. Ons is in ‘n posisie om vir kinders ‘n veilige hawe te skep, maar meer as dit, ‘n plek van aanvaarding en ‘n gevoel van behoort. Ons het ‘n verantwoordelikheid om die kinders in ons sorg op te pas, te beskerm en te bemagtig. Soms voel mens, wat help dit om te probeer? Maar ‘n mens hou aan, in die hoop dat jy iets kan beteken, al is dit net vir 1 kind uit duisende. Want vir daardie een beteken dit dalk die wêreld.
Mag ons opnuut besef dat ons net vir kinders moet lief wees.
- “God’s children are not for sale” – The Sound of Freedom
DPS Groete
Elanze Smit
Maatskaplike werker: DPS Gauteng