DPS Huise

OMSENDSKRYWE NR 8/2024 skakel hier

Broeders en Susters

Dit is weer tyd vir die jaarlikse DPS Gesinskamp gedurende Maart en is ons reeds volstoom aan die beplan om die jaar se kamp weereens ‘n sukses te maak. Hierdie jaar is ʼn baie spesiale jaar vir ons, omrede kinderversorging binne die Hervormde Kerk, 100 jaar oud is! Hoe spesiaal is dit nie, om die jaar se verrigtinge met ʼn Gesinskamp af te skop vir ons DPS Pleeggesinne. Ons beplan ʼn kamp propvol pret, speel en natuurlik interaktiewe groepsessies met ons kinders en ouers Die kamp vind plaas van 21 tot 24 Maart 2024 te Venterskroon. Daar word beoog om 30 pleegkinders asook 10 pleegouers uit te nooi en 8 studente te betrek by die toesig en aanbied van aktiwiteite. Hierdie jaar kom drie van ons oud pleegkinders weer saam kamp as studente om bietjie hul ervaring van die lewe na pleegsorg met die kinders te kom deel en as mentor vir hulle op te tree.

Tema vir die jaar:
Ons tema vir die jaar is “Wees jou eie super hero”. Ons kinders word gebombardeer op sosiale media oor hoe die perfekte tiener moet lyk, wat hulle moet aantrek, wat se tipe selfone hul moet hê en so kan ons aangaan. Of ons as volwassenes daarvan hou of nie, die sogenaamde “Influencers” op TikTok speel ʼn baie groot rol in ons jeug se lewe. Sommiges positief, maar ongelukkig ook baie meer negatief. Ons kinders meet hulself aan die sogenaamde rol modelle en vind dan dat hul ver tekort skiet op vele gebiede. Vir kinders wat reeds soveel seer moes deurgaan in hul kort lewe is hierdie net ʼn bevestiging dat hulle nie goed genoeg is nie, hulle is nie “cool” nie en dit is dan wat dinge lelik begin skeef loop. Hulle gryp na enige strooihalm om hul beter te laat voel of dit “vaping” is, dagga of selfs selfbeserende gedrag. Vir 2024 wil ons vir ons kinders leer hulle is goed genoeg, ons beoog om tydens die kamp vir hulle vaardighede aan te leer om hul eie identiteit te help vorm en om te besef hulle is goed genoeg net soos hulle is.

Hoe kan ek help?
Ons kamp van 2023 se uitgawes het ongeveer R70 000 beloop. Dit sluit vervoer, etes, verversings, aktiwiteite asook verblyf vir die 4 dae in.
Dit sal waardeer word indien u weg kan oopsien om by die wonderlike geleentheid betrokke te raak. Dit is ‘n belewenis vir oud en jonk wat nie gou vergeet sal word nie. Besighede/individue kan aansoek doen vir Art18A belasting vrystelling.

Donasies kan inbetaal word in die volgende bankrekening:
Kinderhuise van die NHKA
ABSA Bank
Besigheid rekening
Rek no. 020390093
Beskrywing: KampIndien direkte inbetalings gemaak word moet die bewys van inbetaling per epos gestuur word na suzanne@rata.org.za

Vir enige verder navrae kan u my gerus kontak by 066 477 8904.

U is ook welkom om ons webwerf te besoek by https://pleegsorg.org.za of ons Facebook blad by DPS Huise om op hoogte te bly van nuutste verwikkelinge binne ons huis.

Vriendelike groete

 

Suzanne van Deventer

Programbestuurder: DPS Huise

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *