Skip to main content

DPS Huise

Maatskaplike werker is nie n “miracle worker” nie

Kom ons dink bietjie aan die stelling:  “Is ʼn maatskaplike werker ʼn wonder werker?”.  Ek gaan die stelling verduidelik nav my eie persoonlike reis. Matriek, die lewe lê voor my en ek het nog geen idee wat ek wil studeer.  My ma se onderwys my pa se BCom, elkeen gee raad vanuit sy eie verwysing.  […]

Projek: BOEKWURM

‘n Paar weke gelede kry die DPS-huise boeke as geskenk om die kinders besig te hou tydens grendeltyd.  Groot was ons huisouers en maatskaplike werkers se verbasing dat die boeke toe NIE vir deur stoppers en wit olifante in kamers gaan lê en stof vergaar nie!  (Blykbaar is daar tog voordele aan die grendeltyd!) Die […]

OUERS SOOS SYKOUSE: NOOIT TE OUD OM TE LEER NIE!

Gedurende grendeltyd is besluit dat ons DPS werkers en -ouers gerus die tyd kan gebruik om ons kennis en vaardighede aan te vul.  Ek moet sê, die meeste van ons was nie te opgewonde oor die vooruitsig nie!  Asof die nuwe rol van tuis-onderwyser, huishulp, kok, vermaaklikheid bestuurder EN  steeds volwaardige personeellid van die DPS […]

AS DIT MAAR NET DIE MONSTER ONDER DIE BED WAS….

Ek kuier onlangs by een van die pleeghuise.  Ons gesels land  en sand – maar veral oor hulle gevoelens tydens die COVID 19 pandemie en grendeltyd.  En elkeen, van die jongste tot die oudste, noem dat hulle BEKOMMERD is. Dis duidelik dat hulle baie bewus is van die “onsigbare bedreiging”, en daar is min wat […]

Wanneer troosters troos nodig het….

ʼn Maand of so gelede sê ‘n kollega vir my:  “Dit voel of my MOEG nou moeg is…!” Vir eers wonder ek wat dit sou beteken, maar besef gou:   dit som baie van ons se ervarings baie raak op. Hierdie jaar is die tema by die DPS Huise nie altemit “CARE OF THE CARERS” nie.  […]