DPS Nuusbrief Julie 2024

Lees die DPS Huis Nuusbrief vir Julie 2024
VADERS

Graag dra ons die volgende gedig op aan al ons pleegvaders:
Wat is ʼn “hier” Mamma?

31 Mei is internasionale Pleegsorg dag. ‘n Spesiale dag om bewustheid te kweek oor wat is pleegsorg en wat dit van “hier” ouers verg, om hierdie stukkende kinders met liefde te versorg en groot te maak. In 2023 was die beraming dat daar meer as 400 000 kinders in SA by pleegouers geplaas word. Dit beteken […]
2024 Gesinskamp Terugvoer

Lees die volledige terugvoer hier PDF Formaat Flipfile Formaat
NHKA DPS Huise 100 jaar

NHKA Kinderhuise se werksaamhede in ‘n neutedop. 100 jaar van Kindersorg – lees hier Facebook
Maatskaplike Werkers Maand

Aan elke maatskaplike werk kollega – dankie vir jou! Mag jy nooit moeg word om mense se lewens saggies aan te raak nie
Word die samelewing en ons wêreld dan mal?

Ons DPS-personeel en pleegouers besef net opnuut met ons laaste paneel-vergadering, dat die wêreld van ons kinders vandag soveel anders lyk, as toe ons self kinders was! Word die wêreld dan mal? Vroeër jare het ons basies, as gevolg van verwaarlosing en armoede, kinders in ons sisteem moes opneem, maar vandag lyk die profiel van […]
DONASIES VIR ONS JAARLIKSE DPS GESINSKAMP TEMA: “WEES JOU EIE SUPER HERO”

OMSENDSKRYWE NR 8/2024 skakel hier Broeders en Susters Dit is weer tyd vir die jaarlikse DPS Gesinskamp gedurende Maart en is ons reeds volstoom aan die beplan om die jaar se kamp weereens ‘n sukses te maak. Hierdie jaar is ʼn baie spesiale jaar vir ons, omrede kinderversorging binne die Hervormde Kerk, 100 jaar oud is! […]
Afskeidsgroet

Dit is met groot dankbaarheid in ons harte vir 21 geseënde jare in die DPS huise dat ons afskeid neem as huisouers. In hierdie tydperk was ons 5 jaar in Elsburg en 16 jaar in Ninapark en het altesaam 32 kinders ons lewens gedeel. Kinders was en is steeds my passie en dit was nog […]
Ons Kerk versorg al kinders vir 100 jaar lank!

SPESIALE DEURKOLLEKTE: DPS-HUISE – 3 MAART 2024 Broeders en Susters ‘n Vader vir weeskinders … is God in sy heilige woning. (Psalm 68:6) Ons Kerk versorg al kinders vir 100 jaar lank! Dit klink eintlik ongelooflik. Op 3 Augustus 1922 het die Algemene Kerkvergadering besluit dat die Kerk ’n weeshuis sal oprig. Die volgende jaar […]